Verstaan jy wat jy lees is a program op jou gunsteling Christen Radiostasie wat jou help om die Bybel in konteks te verstaan.
Herders van verskillende kerke en denominasies, geleerdes van die Woord en teoloë help deur hulle kennis van die Woord te deel. Ons verseker dat jy ‘n deeglike agtergrond en verwysingsraamwerk het waarop jy Bybelse interpretasies en begrip baseer.
Verstaan jy werklik wat jy lees wanneer jy die Woord van God oopmaak? Maak die Bybel vir jou sin of is dit bloot woorde wat voor jou oë dryf? Miskien is al wat jy van die Skrif weet, wat die leraar van die kansel af lees. As jy daarna smag om eerstehands te verstaan wat God in Sy Woord bedoel, is die program vir jou.
Die program het ten doel om die Bybel vir almal toeganklik te maak en jou te bemagtig om dit self te lees en te verstaan.
Of jy nou vrae het oor die Woord of net wil groei in jou begrip, skakel in en luister na gesonde leringe oor die Boek waarop jou geloof gebaseer is. Braam Klopper is die aanbieder en het teologie aan die Universiteit van Pretoria studeer. Na sy studies is hy na die NG Kerk in Kempton Park-Oos geroep, wat nie ver van die OR Tambo Internasionale Lughawe is nie. Vandag, 34 jaar later, is hy steeds die herder van hierdie kudde.
Vir daaglikse inspirasie kan jy ook die potgooi aflaai op iono.fm.