Spektrum met Johann Els is ‘n bekroonde verskeidenheid-program op Radiokansel 657AM, jou gunsteling Christen Radiostasie.
Die program sluit alles in wat enige gelowige nodig het om in hulle lewens saam met die Here te floreer. Spektrum verskaf inspirasie deur ‘n verskeidenheid bedieningsleiers, insiggewende onderhoude, kompetisies en selfs kooklesse saam Tannie Poppie! Dan is daar ook die dag se nuushooftrekke terwyl jy terug bestuur huis toe, asook jou weer- en verkeersverslae. Johann se teologiese insig, sy sin vir humor en sy smaak in musiek is sy handelsmerk die afgelope ‘103 jaar’ soos hy self sou sê!
Spektrum is propvol humor, inligting en getuienisse. Die doel van die program is om luisteraars op hoogte te hou, te bemoedig en te inspireër. Johann fokus ook op huidige gebeure in Suid-Afrika. Dit bring ‘n goddelike perspektief, hoop en waarheid uit die Woord van God. Een van sy hoogtepunte is die insiggewende onderhoude met verskillende mense uit alle sektore van die samelewing.
As jy ‘n program gemis het, net weer na iets wil luister of dit met ander op sosiale media of WhatsApp wil deel, kan jy dit in ons potgooi afdeling opspoor.
Spektrum met Johann Els is ‘n koppluitsending-program en word op beide Radiokansel en Radio Kaapse Kansel uitgesaai.