Het jy vrae oor die lewe, God, of die Bybel? Indien wel, is Skriftuurlik met Wynand & Pastoor Rocky op Radiokansel die platform om dit te vra.
Luisteraars stuur vrae direk na die ateljee via WhatsApp. Aanbieders Wynand Rossouw en Past Rocky Stevenson poog dan om hierdie vrae te beantwoord. Die doel van die program is om antwoorde uit die Bybel te vind oor kwessies waarmee mense in hul alledaagse lewens sukkel.
Het jy al ooit gewonder wie die reuse in Genesis 6 is? Het Lot se vrou werklik in ‘n soutpilaar in Genesis 19 verander? Waarom sou God Dawid aanhits in 2 Samuel 24 en dan sewentig duisend Israeliete doodmaak as gevolg van Dawid se reaksie? As God ‘n God van liefde is, waarom leer Romeine 9 ons dat Hy Jakob liefgehad het, maar Esau gehaat het? En waarom sou Jesus in Lukas 14 sĆŖ dat as jy nie jou eie familie verlaat nie, kan jy nie Sy dissipel wees nie? Het Jesus regtig, fisies opgestaan uit die dood? Indien nie, wat beteken dit vir die Christendom as ‘n godsdiens van hoop? Moet ons die Boek Openbaring op ‘n letterlike manier interpreteer? Is dit steeds wat wag in die toekoms, of het ons reeds gesien hoe sommige Openbaringstonele in die geskiedenis uitspeel?
Skriftuurlik met Wynand & Pastoor Rocky op jou gunsteling Christen Radiostasie is ‘n program wat daarop gemik is om net hierdie soort moeilike vrae te beantwoord.
Voorbeelde van tipiese onderwerpe:
- Vrae oor die huwelik, egskeiding en hertrou.
- Die gebruik van alkohol.
- Christene en tatoeƫermerke.
- Hedendaagse profesie en die gebruik van tale.
- Prediking en kerkbywoning.
- Kerkleierskap.
Indien jy ‘n episode misgeloop het, of weer wil luister kan jy dit in ons Skriftuurlik potgooi afdeling vind.