Op Pulpit Sport deel Christelike sportmanne en vroue hulle ervarings op en af van die sportveld. Luisteraars leer so hulle gunsteling sportpersoonlikhede beter ken.
Ons hoor ook inspirerende getuienisse oor wat God in ons sporthelde se lewens gedoen het. Pulpit Sport deel ook die nuutste nuus oor Sport van regoor die wêreld, sowel as getuienisse van sport persoonlikhede.
Sport strek verder as net die veld.
Die invloed en opwinding is meer as net die 90 minute wat rugbyspelers probeer om daardie drie te kry! Die lewens van die sport-entoesiaste is meer as net hul blêrende vuvuzelas terwyl hulle hul gunsteling sokkerspeler aanpor om die bal in die net te kry.
Wees ‘n goeie sport en skakel in vir jou nuus en meer by Pulpit Sport op Radiokansel. Die program word deur Dwain van Rensburg aangebied waar hy ook besonderhede oor sportgeleenthede, besprekings, inligting en aanmoediging deel.
Dwain is ‘n professionele spreker, skoolhoof, pastoor en radio-aanbieder. Hy is passievol oor God, sy familie, jeug, musiek en sport. Hy het professionele rugby gespeel en kombineer sy liefde vir sport en mense in sy rol as motiveringsafrigter vir Unleashed Boxing Suid-Afrika.
Vir daaglikse inspirasie lees ons dagstukkie, Die Woord vir Vandag; sielskos, vars uit die Woord elke oggend. Jy kan ook na ons potgooie luister op iono.fm.