Middernaglig

Geskeduleer op

Maandag 00:00 00:30
Donderdag 00:00 01:00
Saterdag 00:00 01:00
Sondag 23:00 23:30

Jou metgesel in die laatnag

Tagged as , ,
Diegene wat laat in die nag eensaam voel, vind 'n vertroostende stem.

Wil jy graag die program borg? Kontak asseblief gospel@radiokansel.co.za.

Luisteraars wat in skakel op Radiokansel 657AM vir Nightwatchers / Middernaglig kan aanmoediging, getuienisse en goeie musiek verwag.

Jou aanbieder is Beatrix Henzen. Sy het ‘n diep waardering vir bemoediging. Diegene wat laat in die nag eensaam voel, sal ‘n vertroostende stem vind terwyl Beatrix hulle herinner dat die Here beide ons Geneser en Metgesel is.

As Christene leef ons in voortdurende gemeenskap met die Heilige Gees. Dit ontsluit nuwe ervarings en kennis oor God se karakter. Wanneer hierdie openbarings vir ons oopgemaak word, kan God nuwe dinge in jou lewe doen. Middernaglig bied kort boodskappe en musiek. Dit moedig luisteraars aan in hulle daaglikse wandel, en gemeenskap, met die Heilige Gees.

In Middernaglig deel Beatrix Woord, persoonlike getuienisse sowel as opbouende musiek. Ervaar God wat ‘n nuwe ding doen in die lewens van almal wat Hom biddelik verwag wanneer jy vir Nightwatchers / Middernaglig op Radiokansel inskakel.


Lees meer

Current track

Title

Artist

Background