Mannestories saam met Müller Crauwcamp

Geskeduleer op

Maandag 05:30 06:00
Maandag 21:30 22:00
Sondag 01:30 02:00
Sondag 10:30 11:00

Ons stories, SY glorie!

Mannestories, sal jou bemoedig, inspirer en motiveer deur ware verhale van God se goedheid in die lewens van allerdaagse manne.

Mannestories is gebasseer op die bediening van Müller Crauwcamp, hy het onderwys studeer by die Universiteit van Pretoria waarna hy ‘n onderwyser by Clapham Hoërskool was vir 16 jaar. In hierdie tydperk het hy ook sy Teologie studies voltooi. Hy het daarna in voltydse bediening betrokke geraak by Doxa Deo, Kameeldrift Kampus. Dit was in hierdie tyd wat hy die Mannebediening genaamd 5:55 van die grond af gebring het.

Die program bied ‘n platform vir manne om hulle stories deel, mekaar te bedien en hartsvriende te word. Hulle slagspreuk is:

Ons stories, SY glorie!

Elke week sal jy verskeie getuienisse hoor van manne wat verskillende paaie van die lewe geloop het.

Müller is gelukkig getroud met Annie en het twee pragtige kinders wat ook reeds getroud is. Hy spog ook trots met drie wonderlike kleinkinders. Familie is vir hulle prioriteit en God se Woord is hulle fondasie.

Die program, Mannestories, sal jou bemoedig, inspirer en motiveer deur ware verhale van God se goedheid in die lewens van allerdaagse manne.

Vir meer inspirasie lees gerus ons dagstukkies, Die Woord vir Vandag. Jy kan ook na die Radiokansel potgooie luister op iono.fm.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Current track

Title

Artist

Background