Kleurvol

Geskeduleer op

Saterdag 08:00 09:00

Ontdek die hart agter gospelmusiek

Tagged as , ,
Ontdek die hart agter gospelmusiek.



Met trosts gebord deur Die Woord vir Vandag.

Kleurvol is ‘n musiek-geselsprogram op Radiokansel 657AM waar die aanbieder, Janine van Niekerk, Christelike musiek, en die konteks waarin dit geskep is, vier. Hou jy van musiek? Hou jy daarvan om nie net daarna te luister nie, maar ook om oor Gospel musiek te gesels? Kleurvol is ‘n program wat spesiaal vir jou ontwerp is!

Die program bestaan uit Gospel album resensies, musiek nuus, inspirasie, sowel as ander relevante gebeure en temas. Die talentvolle Janine van Niekerk, is ‘n kenner in die Suid-Afrikaanse Gospelmusiekbedryf. Sy is ook die bestuurder van die SAMA-bekroonde Afrikaanse gospelkunstenaar, Retief Burger.

Kleurvol saam Janine

Die program vier Christelike musiek regoor die wêreld met onderhoude met die kunstenaars wat die musiek skep.

Musiek is subjektief, maar as dit God eer gee, dan voel ek dit het die merk getref.

Vir Janine is Christelike musiek belangrik omdat dit die mag het om harte te bereik en geslote ore oop te maak. Veral as die lirieke Woord-geïnspireerd is; dit het die potensiaal om iemand te oortuig van ‘n waarheid wat geen preek ooit kon nie.

Die beste raad wat Janine aan Suid-Afrikaanse Gospel kunstenaars wil gee, is van Matt 5:16:

Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Sy het ‘n visioen gesien wat met hierdie Skrif verband hou en dit as sodanig verduidelik:

Dit neem jou onsigbaar, vir ‘n onsigbare God om sigbaar te word.

Solank as wat jy in die kollig staan, sal mense nooit met God in verbinding kom nie. En jy as ‘n mens kan niks doen om hulle te genees nie! So maak jou musiek met die eerbiedige doel om dit op so ‘n manier te doen dat Hy al die heerlikheid kry, en jou musiek sal vir ewig suksesvol wees.”

Skakel in vir Kleurvol saam Janine op Radiokansel 657AM elke Saterdag! Indien jy ‘n episode gemis het kan jy dit vind in ons potgooi afdeling.

 


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Kleurvol aanbieder(s)


Current track

Title

Artist

Background