Harte in Harmonie

Geskeduleer op

Sondag 13:00 14:00

Musiek skep ’n geestelike eenheid wat mense met mekaar én met God verbind

Tagged as
Sanet en Gerhard Deysel bied aan "Harte in Harmonie", 'n Top 5 gospel musiek program.

Sanet en Gerhard Deysel bied aan “Harte in Harmonie”, ‘n Top 5 gospel musiek program. Van Genesis to Openbaring sien ons hoe musiek dien as ’n diep medium van geloof en aanbidding. Dit is nie slegs klank nie, maar ‘n manier om die mens se siel aan God te verbind en die krag van geloof te weerpieël.

Die Rol van Musiek in die Bybel

In Psalm 100:2 word gelowiges aangemoedig:

Dien die Here met blydskap; kom voor Sy aangesig met gesang.

Hierdie vers beklemtoon die vreugde wat musiek bring en hoe dit gelowiges nader aan God lei. Die Psalms, geskryf deur Dawid en ander, wys hoe musiek in die Ou Testament gebruik is om dankbaarheid, lof en gebed uit te druk. Hierdie liedere het mense se harte in harmonie met God en mekaar gebring. In die Nuwe Testament word musiek ’n manier om gelowiges in eenheid te verbind. Paulus moedig die gemeenskap aan om psalms en geestelike liedere te sing as ‘n vorm van bemoediging en eenheid in Christus. In Efesiërs 5:19 skryf Paulus:

Spreek met mekaar in psalms, lofsange en geestelike liedere; sing en speel met julle hele hart tot eer van die Here.

Hierdie vers wys hoe gemeenskapsmusiek ‘n belangrike rol speel in die geloofslewe en die skep van eenheid. Musiek skep ’n geestelike eenheid wat verder as individuele aanbidding strek. Dit weerspieël ‘n dieper geestelike verbondenheid en vrede binne die geloofsgemeenskap.

Vir daaglikse inspirasie lees gerus ons dagstukkie, Die Woord vir Vandag, of luister na ‘n potgooi op iono.fm.

Die sienings wat hierin uitgedruk word, is dié van die aanbieders en skrywers, nie van Radiokansel nie.

Sondag 19 Januarie se liedjies:

  1. Riana Nel – Hou die hemel oop
  2. Jo Black & Refentse – Rig jou oë na die berge
  3. Oase Gemeente – In die stryd
  4. Retief Burger & Joe Niemand – No longer slaves
  5. Wynand Strydom – Gebed

Bonus snitte:


Lees meer

Current track

Title

Artist

Background
Deel op Facebook
Deel op Twitter
Deel op Pinterest
Deel op Linkedin
Stuur via WhatsApp
Love