Begin jou dag saam met goeie nuus saam met Wynand en Janine tydens Good News Time (GNT) op Radiokansel 657AM.
GNT bied luisteraars twee ure van inligting en inspirasie wat jy nodig het om saam met ons die Here, die Woord en die Bruid van Jesus Christus in Suid-Afrika te erken en te vier.
Die program het ten doel om luisteraars oor die alledaagse lewe, in ooreenstemming met God se hart, te betrek. Jy kan gebruik maak van verskeie kommunikasiekanale om jou sienings en jou ervaring te deel.
Op Good News Time leef ons Sy Woord uit, het ons Sy liggaam lief en volg ons Christus passievol.
Interaksie met luisteraars is ‘n hoogtepunt van die program. Dit sluit besprekingspunte, gebedsversoeke, temas, of tipiese scenario’s in die lewe van Suid-Afrikaners in. Ons hoor en deel ook getuienisse.
Daar is elke dag iets spesiaals om na uit te sien op GNT.
Een van die hoogtepunte van Goeie Nuus Tyd is onderhoude met ‘n wye verskeidenheid mense uit verskillende agtergronde. Die keuse van onderwerpe wissel van apologieë tot daaglikse inspirerende boodskappe. Ons kry ook gereeld kundiges om oor spesifieke onderwerpe te deel, soos byvoorbeeld ekonomiese sake, die Christen in die moderne era, ouerskap, die huwelik en lewensvaardighede.
Good News Time is ook jou daaglikse reisgenoot van verkeer- en weerverslae tot plaaslike en internasionale nuusgebeure. Ons deel ook sporthoogtepunte en goeie musiek en die belangrikste deel natuurlik is die inspirasie uit God se Woord. Regstreeks op Radiokansel 657AM, DStv-kanaal 882, Open View kanaal 607 of aanlyn.
Vir daaglikse inspirasie lees ons dagstukkie, Die Woord vir Vandag; sielskos, vars uit die Woord elke oggend. Jy kan ook na ons potgooie luister op iono.fm.