Heerlikheid met Muller Crauwkamp is ‘n uur lange program op Radiokansel wat daarop fokus om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges weer te laat opvlam. Vir sommige het die Bybel dalk verouderd en alledaags geword. Charles glo dat ons Hemelse Vader van plan is om ons in ‘n ewige toestand van afwagting van Sy goedheid en God en die vreugde te vestig wat geassosieer word met die heerlikheid van die Evangelie, of Goeie Nuus.
Maak God se Woord jou steeds opgewonde? Indien wel, moedig ons jou aan om in te skakel en na hierdie program te luister. Basiese insigte en beginsels vanuit die Bybel word gedeel, wat ten doel het om die Liggaam van Christus verder te versterk en te laat herleef.
Voorbeelde van onderwerpe
- Die identiteit van die gelowige
- Die gesag van die gelowige
- Die skoonheid en oppergesag van God se Woord
- Die werklikheid van Christus in ons, as die hoop op heerlikheid
As ‘n inbelprogram word luisteraars ook aangemoedig om die ateljee te kontak om hul reis en insigte oor die Woord van God te deel, veral met betrekking tot gedeeltes wat hulle met “heerlikheid” en “vreugde” assosieer.
God wou aan hulle bekend maak wat die RYKDOM VAN DIE HEERLIKHEID van hierdie verborgenheid onder die heidene is: dit is Christus in julle, die HOOP VAN DIE HEERLIKHEID. Kolossense 1:27 (NLV)
Ons nooi jou uit om saam met Muller, en gaste, by “Heerlikheid” op Radiokansel aan te sluit om die HEERLIKE RYKDOM van God se Woord te herontdek. Indien jy ‘n program gemis het kan jy die potgooi vind op iono.fm.