Delf steeds dieper

Geskeduleer op

Maandag 20:00 21:00
Vrydag 09:00 11:00

In hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie!

Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self!

In Delf Steeds Dieper nooi Este Geldenhuys jou om saam met haar te delf en dieper te soek na die skatte van ons Vader.

Die Skepper-God in Wie ons glo, is onbeskryflik groot en almagtig! Nogtans nooi Hy ons om na Hom te kom, te ontdek Wie HY is, te leer hoe om met Hom te praat, Hom te vertrou en wonderbaarlik – te leer wat dit vra om in verhouding met hierdie Almagtige Vader van liefde te leef.

Meer oor Este

Reeds as klein dogtertjie het sy vir mense vertel; “Eendag gaan ek op die draadloos praat”. Vandag glo sy dat ons Vader daardie versugting in haar jong kindergemoed geplaas het omdat Hy weet waarvoor Hy elkeen van voorberei – selfs terwyl ons nog in die moederskoot is.

Hoewel sy reeds as jong tiener die keuse gemaak het om Jesus as haar Verlosser te ontvang, was dit haar betrokkenheid as omroeper by Radiokansel wat haar laat besef het dat daar so baie was wat sy nog nooit verstaan het nie.

Wanneer jy praat met mense wat die Woord soveel beter as jy ken, maak dit jou honger vir meer!

As omroeper móés sy begin delf en soek na die dieper waarheid van ons Almagtige en Alwetende, Liefdevolle Vader, ons Verlosser – Jesus wat die Christus is, die Seun van die enigste God wat leef en Sy Gees wat in hierdie lewe reeds ons Metgesel is.

Delf saam dieper in die Woord

Jesus het gesê in Johannes 14:6; “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Nie “die Weg”, of die volheid van Sy Waarheid is oop en bloot beskikbaar nie. Hy belowe – soek en jy sal vind, klop en vir jou sal oopgemaak word. En dan is daar die wonderbare belofte in Jesaja 45:3.

Ek gee vir jou skatte wat weggesteek is in die donker, rykdomme opgesluit in geheime plekke. Ek doen dit sodat jy kan erken dat Ek die HERE is, die God van Israel, wat jou by jou naam roep.

Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self! Skakel in op “Delf Steeds Dieper” saam met Este elke Maandag vanaf 11:00 tot -12:00 nm.

In hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie! As jy ‘n program misgeloop het kan jy dit vind op iono.fm. Vir daaglikse inspirasie lees gerus ons dagstukkie, Die Woord vir Vandag.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Current track

Title

Artist

Background