Dr Andrew Murray jr. was die tweede seun van Andrew Murray snr. van Graaff-Reinet. In 1838 is hy en sy broer John na Aberdeen gestuur vir hulle skool onderrig en daarna na Utrecht, Nederland, om teologie te studeer. Hul vroomheid en teologie is gevorm deur lidmaatskap van studenteverenigings geïnspireer deur die Reveil, ‘n kontinentale herlewings beweging. In 1848 keer Murray terug huis toe. Op twintigjarige ouderdom word hy gestuur om die Voortrekkers anderkant die Oranje- en die Vaalrivier te bedien. In 1857 het die eerste van sy 250 publikasies verskyn, waarvan sommige die enigste boeke, behalwe vir die Bybel, in baie Afrikaners se huise was. In 1860 word hy predikant op Worcester, in 1864 in Kaapstad, en daarna in Wellington in 1871, waar hy tot sy aftrede in 1906 gebly het. Andrew Murray speel ‘n sleutel rol in die 1860 herlewing.
Murray se invloed op Suid-Afrika se NG Kerk kan nie oordryf word nie. Hy was instrumenteel in die stigting van die Hugenote Meisieskool (Kollege) in Wellington waar Christen onderwyseresse opgelei is. Dis hier waar Christen Onderwys in Suid-Afrika sy ontstaan gehad het. In 1877 het hy die Sending opleidingsinstituut op Wellington georganiseer. Hy het drie sleutelorganisasies gestig: die Predikante Sending Vereniging, Die Bybel en Bid Vereniging, en die Cape General Mission (South African General Mission). Hy was ook ‘n effektiewe evangelis, beide in Suid-Afrika en in die buiteland. Hy het ere doktorsgrade van Aberdeen in 1898 en die Universiteit van Kaap die Goeie Hoop in 1907 ontvang. Hy word ses keer as Moderator van die NG Kerk verkies. Murray se twee belangrikste boeke is The Key to the Mission Problem (1901) en The State of the Church (1911). Hy konsentreer ook veral op die onderwerp van gebed en die dieper geestelike (innerlike) lewe van heiligmaking en volle oorgawe.