Seksualiteit en intimiteit: ‘n Bybelse perspektief

Written by on 19 September 2022

Seksualiteit en intimiteit het skynbaar hul ware heiligheid verloor as gevolg van hoe wêreldse perspektiewe dit, deur middel van konvensionele mediaplatforms, herdefinieer het. Dit is ‘n onderwerp waaroor God Hom nie skaam is nie. Die Skrif is duidelik oor wat Hy van ons verwag wanneer dit by hierdie aspek van ons lewens, en die gevolge van hierdie optrede, kom.

God roep mans en vroue om heiligheid na te streef, die huweliksbed te bewaak en alle dinge tot Sy eer te doen. Hierdie sluit in uitgaan, seksuele reinheid nastreef, trou en liefde maak. God roep mans en vroue op om mekaar op komplementêre maniere te beskerm en te dien.

Luister na die potgooi van hierdie artikel op iono.fm

Wat die Woord oor seksuele onsedelikheid sê

God gee vir ons duidelike rigting in Sy Woord.

Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie.

1 Tessalonisense 4:3-5

Trouens, die opdrag gaan voort met ‘n baie besliste en duidelike klem oor hoe ernstig ons met dinge soos seksuele onsedelikheid moet omgaan. Die Woord is ook duidelik dat wat voorheen aanvaarbaar was, nie nou meer is nie, omdat jy ‘n kind van God is.

Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie… en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.

Kolossense 3:5-8,10

Hou mekaar verantwoordelik

Seks is vir baie lank al ‘n taboe tipe woord, en jy sal skaars oor hierdie onderwerp in ‘n Sondagpreek hoor. Dit sal kerklede waarskynlik van hul ore tot hul tone koud laat word. Ongeag hiervan, leer en moedig die wêreld onsedelikheid aan, terwyl die kerk stilbly.

Ons het leiers nodig wat ons kan aanmoedig om getrou in hierdie saak te bly. Ons moet mekaar aanmoedig om toegewyd te bly aan die heilige lewenstyl wat God ons geroep het om te lei. [Spreuke 27:17; Galasiërs 6:1-2; Jakobus 5:16]

Dit sal waarskynlik ongemaklik raak; en mense gaan geaffronteerd voel. Maar dit is hoekom dit goed is om mekaar verantwoordelik te hou en om mekaar sagkens (of soms met groot erns) te vermaan, reg te stel en terug in die regte rigting te lei. Hierdie dinge vorm deel van die lede van die Christelike Familie.

Hierdie artikel is afkomstig van die program, Brandpunt, wat besprekings oor kontroversiële, alledaagse Christelike onderwerpe fasiliteer wat gelowiges wêreldwyd raak.


Current track

Title

Artist

Background