Saai en oes – ‘n geheimenis van die hemel

Written by on 30 October 2022

Die konsep van ‘saai en oes’ is een van die geheimenisse van die hemel wat Jesus deur ‘n gelykenis in Matteus 13 verduidelik. Toe die dissipels Hom vra hoekom Hy gelykenisse as ‘n verduideliking gebruik, het Jesus gesê: ‘Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie’

Jesus het voortgegaan deur te sê: ‘Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie. 14In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê:

Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie. Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie. Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat hulle hoor. Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie.

Ons is geseënd om die Bybel, waarin Jesus die geheimenisse soos ‘saai en oes’ vir ons verduidelik, te kan lees. As ‘n Christelike radiostasie saai Radiokansel daagliks die Woord van God deur die luggolwe, sowel as ander platforms, byvoorbeeld, Die Woord vir Vandag, potgooie en sosiale en digitale media.

Omdat jy in die werk van KMG (Kansel Media Groep) saai, is ons oneindig geseën. Jou saad stel ons in staat om God se Woord te versprei. Oes is deel van die saaiproses, dit is ‘n seën wat God voorsien aan diegene wat uit vrye wil vir Sy werk en koninkryk gee.

Mag jy geseënd wees want ‘jou oë het gesien en jou ore het gehoor’ en mag die Koninkryksbeginsel en hemelse misterie van saai en oes in jou lewe sigbaar word.

Vir meer inspirasie lees gerus ons dagstukkies, Die Woord vir Vandag. Jy kan ook na die Radiokansel potgooie luister op iono.fm.


Current track

Title

Artist

Background