Logo

Laai die nuwe Radiokansel Toep af

Ons wil jou graag aanmoedig om die nuwe Radiokansel toep af te laai. Dit is beskikbaar vir beide Apple en Android toestelle. Volg net die stappe hieronder en kyk na die video grepe.

Android toestelle

  1. Kliek op hierdie skakel: https://radiopulpitapp.co.za/
  2. Gaan af tot jy die blou huisie met die +-teken sien. Kliek daarop.
  3. Wanneer die skerm vra of jy die toep op jou foon wil laai, kies ja (Add)
  4. Die Radiokansel 657AM "icon" sal op jou foon verskyn.
  5. Nou kan jy die toep enige tyd oopmaak en gebruik.

Apple toestelle

  1. Kliek op hierdie skakel: https://radiopulpitapp.co.za/
  2. As dit nie in Safari oopmaak nie, kliek op die 3 kolletjies regs bo op jou skerm. Kliek dan op "Open in Safari".
  3. Kliek op die vierkant met die pyltjie wat op wys.
  4. Beweeg heeltemal na bo.
  5. Kliek op "Add to Home Screen".
  6. Kliek op "Add" in die boonste regterkantste hoek.
  7. Die Radiokansel 657AM "icon" sal op jou foon verskyn.
  8. Nou kan jy die toep enige tyd oopmaak en gebruik.

Radiokansel © 2019 Alle regte voorbehou.