Andrew Murray se Blywende Nalatenskap

19 February 2025

(soos vertel deur Elizabeth Jordaan as deel van die program Delf Steeds Dieper.)

Dr Andrew Murray jr. was die tweede seun van Andrew Murray snr. van Graaff-Reinet.  Murray se invloed op Suid-Afrika se NG Kerk kan nie oordryf word nie. Hy was instrumenteel in die stigting van die Hugenote Meisieskool (Kollege) in Wellington waar Christen onderwyseresse opgelei is. Dis hier waar Christen Onderwys in Suid-Afrika sy ontstaan gehad het. In 1877 het hy die Sending opleidingsinstituut op Wellington georganiseer. Hy het drie sleutelorganisasies gestig: die Predikante Sending Vereniging, Die Bybel en Bid Vereniging, en die Cape General Mission (South African General Mission). Hy was ook ‘n effektiewe evangelis, beide in Suid-Afrika en in die buiteland. Hy het ere doktorsgrade van Aberdeen in 1898 en die Universiteit van Kaap die Goeie Hoop in 1907 ontvang. Hy word ses keer as Moderator van die NG Kerk verkies. Murray se twee belangrikste boeke is The Key to the Mission Problem (1901) en The State of the Church (1911). Hy konsentreer ook veral op die onderwerp van gebed en die dieper geestelike (innerlike) lewe van heiligmaking en volle oorgawe.


Current track

Title

Artist

Background