Wat tel as my tiende volgens die Bybel?
Written by Stephanie Conradie on 10 October 2022
Behoeftes is oorvloedig in die liggaam van Christus, en oor die wêreld heen. Daarom vra mense en organisasies voortdurend vir bystand en ondersteuning deur finansiële bydraes en tiendes. Die brandende vraag van die gelowige wat gee is om te weet of jy aan die regte organisasie gee en of dit wat jy gee as ‘n tiende, of offergawe, tel.
Die verskil tussen tiendes en offergawes
Ja, daar is ‘n verskil. Tiendes is ‘n Ou-Testamentiese konsep wat aan Israel bekendgestel is as ‘n leerervaring oor hoe om te gee. Tiendes is ‘n standaardvereiste om te help met die instandhouding van die tempel (die Kerkfasiliteit) en die godsdienstige werk van diegene wat lei (die Kerk). Offergawes is ‘n toevoeging tot jou tiendes – dit is iets wat jy dalk wil doen, maar is nie ‘n standaardvereiste nie.
Jesus het vir ons riglyne gegee oor hoe om te gee en dit maak vir Hom saak dat ons hart op die regte plek is om te gee. In die Woord sê Hy;
Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.
Lukas 6:38
Verder lees ons: “Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.” – 2 Korintiërs 9:6,8
Uiteindelik lees ons ook: “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.” – 2 Korintiërs 9:7
God het ons nie radeloos gelaat nie. Die Skrif is oorvloedig met praktiese maniere oor hoe ons van ons tiendes en offergawes kan gee. Die punt van hierdie artikel is of dit binne die grense van ons kerk beperk is of nie.
Wynand Rossouw en biskop Frank Retief bespreek hierdie onderwerp breedvoerig tydens Brandpunt sodat jy ‘n beter te verstaan kry oor hoe jy God kan eer deur te saai soos God jou opdrag gee.
Luister na die potgooi: Tel dit as tiendes as ek nie direk aan die kerk wat ek bywoon gee nie?
Vir meer inspirasie lees gerus ons dagstukkies, Die Woord vir Vandag.