Liese Prinsloo
Liese Prinsloo shows
Liese Prinsloo is die aanbieder van Vier Die Lewe op Radiokansel 657AM. Sy is ‘n optimis wat hou van ‘n goeie dosis humor. Liese beskryf haarself as intens en sê dat sy dinge op ‘n diep vlak ervaar.
“Ek is lief vir mense,” sê Liese. Om met mekaar te praat, te luister, te lag en diep gesprekke met mense te hê, gee haar ‘n diep gevoel van vervulling. Sy is passievol oor die kunste en werk ook as vryskut-aktrise.
Bo alles is ek ‘n kind van God en ek is so dankbaar dat Hy my gered het.
Liese is met haar beste vriend getroud en hulle het ‘n hond met die naam Happy. Sy was die aanbieder van ‘n vroueprogram op die Christelike televisiestasie, Kruiskyk, genaamd Le femme Kofi. Die Radiokansel aanbieder, Angela Reed, was een van haar gaste op die program. Later daardie jaar, in 2010, het sy en Angela bymekaargekom en wou sy weet hoe sy by radio betrokke kan raak. Angela het toe vir Liese gehelp om die eerste stap tot die radiobedryf te gee.
Liese Prinsloo – Radiokansel
Liese is geroep om ‘n kommunikeerder en storieverteller op verskillende platforms te wees. Sy glo vas dat God media en die kunste gebruik om Sy Koninkryk te bevorder.
Ek is ‘n aanmoediger en dit is vir my baie belangrik om mense op te hef.
Vir Liese is dit ‘n wonderlike voorreg is om radio as platform te kan gebruik om mense met die Woord van God te bereik. Sy leef volgens die Skrif wat in Johannes 17 vers drie voorkom. Daar staan: ‘En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.’
Sy hoop om luisteraars te beïnvloed deur eg en outentiek te wees en die Goeie Nuus oor Yeshua, ons Messias, te deel.