Anele Joja
Anele Joja shows
Anele Joja is jou aanbieder vir iThemba op Radiokansel 657AM asook Radio Kaapse Kansel 729AM.
Anele is ‘n tradisionele Gospel sanger en aanbidder, wat deur God geroep is vir ‘n tyd soos hierdie. Hy was al ‘n geruime tyd in die musiekbedryf en dien in plaaslike tradisionele en evangeliemusiekgroepe, gemeenskapskore, asook kerkkore. Hy het ook ‘n CD- en klere reeks vir AJ Music Production vrygestel.
Sy primêre doelwitte is om die evangelie van Christus aan alle nasies, deur sy musiekbediening, te verkondig. Anele is ‘n sielvolle kunstenaar en uitgesproke wedergebore kind van God. Anele mik om een van die erkende kunstenaars te wees wat die musikale potensiaal van die Wes-Kaap verteenwoordig. Hy wil ook vir jongmense wys dat kreatiwiteit en harde werk armoede kan verander. Anele is passievol oor die herstel van hoop en dat ons die Here reeds in ons jeug moet dien.
Anele is ‘n visioenêr wat van voorneme is om sy musiekbediening na ‘n internasionale vlak te neem. Hy wil die standaard van evangeliemusiek in benadeelde gemeenskappe ophef. Hy glo vasbeslote in God se vermoë om voortdurend nuwe horisonne oop te maak vir sy musikale reis en in die lewens van sy luisteraars.
Skakel in saam met Anele Joja op Radiokansel 657AM vanaf 21:00 elke Saterdag vir iThemba.