Logo

GoeieNUUS Julie 2019 Uitgawe

Getuienis van 'n luisteraar

My lewe voel gereeld of dit in ‘n warboel is, maar elke keer wanneer ek Die Woord vir Vandag optel word ek bemoedig. Ek het eendag baie desperaat en eensaam gevoel, toe ek die boekie oopmaak om te sien of God besef dat ek sukkel, sien ek die woorde: "Roep tot die Here!"

Koning Dawid het ook deur baie swaar tye gegaan, maar God was altyd by hom.

Dankie vir my kopie van Die Woord vir Vandag, dit bemoedig my elke dag.

Seën vir julle.

Me. Van Niekerk

Radiokansel © 2019 Alle regte voorbehou.