Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

GoeieNUUS Julie 2019 Uitgawe

Boodskap van dr Roelf Petersen

Dit was vir ons, die personeel en bestuur van die Kansel Media Groep en UCB Africa, 'n groot voorreg om betrokke te kon raak by die verligting van die nood van ons Mosambiekse bure na afloop van die verwoestende Sikloon Idai.

Ons kon kos, skoon water en klere verskaf om so hoop aan baie mense te gee en hul nood te verlig. Baie mense daar het al hul besittings verloor, selfs hul bybels. Ons kon ook 'n verskil maak deur 'n aantal Portugese bybels te verskaf.

Luisteraars en ondersteuners (ook die betrokkenes in Mosambiek):
Baie dankie vir julle fantastiese reaksie en betrokkenheid! Kom ons stap nou verder skouer-aan-skouer saam met God en maak op pad die lot van mense in nood meer draaglik.

Seën vir jou,

Roelf Petersen

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005