Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

WVSNov2019

Die Woord vir Vandag

2 Kronieke 20:15 NLV 
2020-02-20Geskryf deur Bob en Debby Gass
Hoe om die lewe se gevegte te wen (4)
Vierdens, leer om in geloof te ontspan. Let op hoe God op Josafat se gebed gereageer het: '...die oorlog is nie julle s'n nie, maar God s'n.' Baie van ons maak onsself moeg deur te probeer om God se gevegte in ons eie krag te probeer wen. Wanneer ons nuutgebore is, is ons ywerig om die wêreld vir Jesus te wen en wil ons op eie houtjie sy koninkryk meebring. Dan, wanneer ons hard op eie stoom gewerk het, slaan die realiteit toe. Ons kruip teleurgesteld op ons hande en knieë terug, omdat ons dink dat ons God in die steek gelaat het. Die waarheid is egter dat ons nie God omhoog hou nie - Hy hou ons omhoog! Ons het Hom nie in ons hande nie, Hy het ons in sy hande! Hy sê vir ons om in geloof te ontspan en Hom toe te laat om sy werk deur ons te doen. Paulus skryf: 'Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle die leefstyl van 'n Christen volg' (Kolossense 2:6 NLV). Met ander woorde, onthou hoe jy aanvanklik 'n gelowige geword het - deur eenvoudige geloof in die voltooide werk van Christus - en hou dan aan om in eenvoudige geloof te lewe. Jy het nie 'n Christen geword omdat jy na perfeksie gestrewe het en goeie werke gedoen het nie. Goeie werke het niks daarmee uit te waai nie! Verlossing is 'n gratis geskenk. God het nie nodig dat ons dinge bestuur nie; Hy het alles onder beheer en wil hê dat ons ontspan en Hom toelaat om deur ons te lewe. Oorwinning in die lewe is 'n gawe van God! 'Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons één is met Christus, altyd saamneem in sy triomftog...' (2 Korintiërs 2:14 NLV).
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005