Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Efesiërs 4:26 NLV 
2019-11-08Geskryf deur Bob en Debby Gass
Woedebeheer (1)
Die eerste keer wat woede in die Skrif genoem word, is toe Kaïn so kwaad vir sy broer Abel geword het, dat hy hom vermoor het. Sestig persent van alle moorde in Amerika word deur familielede gepleeg. Woede maak egter nie net ander mense dood nie, dit kan jou ook doodmaak. Dr Redford Williams, 'n professor in psigiatrie en gedragswetenskap by Duke Universiteit, sê: 'Die vyandigheid en woede wat met Tipe-A gedrag geassosieer word, is 'n groot bydraer tot hartsiektes. Mense wat met woede sukkel is vyf keer meer geneig om aan koronêre hartsiektes te lei en mense met hartsiektes loop dubbel die risiko van 'n hartaanval wanneer hulle kwaad word.' Daar is natuurlik 'n verskil tussen woede en om jou bloot te vererg. 'n Dogtertjie het vir haar pa gevra om aan haar die verskil te verduidelik. Dus het hy die foon opgetel, 'n nommer geskakel, sy dogtertjie laat inluister en toe die persoon aan die ander kant antwoord, het hy gesê: 'Hallo. Is Melvin daar?' Die persoon het geantwoord: 'Hier is niemand hier met die naam Melvin nie. Maak seker jy het die regte nommer.' Die pa het 'n oomblik gewag en toe weer die nommer geskakel. 'Hallo. Is Melvin daar?' Die man het geskree: 'Ek het nou net vir jou gesê daar is nie 'n Melvin hier nie! Moenie weer hierdie nommer skakel nie!' en die gehoorbuis neergesmyt. Die pa het na sy dogtertjie gekyk en gesê: 'Poplap, dit was woede. Laat ek nou vir jou wys hoe klink dit as iemand hom vererg.' Hy het weer die nommer geskakel en toe 'n stem hard antwoord, het die pa kalm gesê: 'Hallo. Dis Melvin wat praat. Is daar enige boodskappe vir my?' Woede kan gevaarlik wees. Vra dus vir God om jou te help om jou woede in toom te hou. Hy sal!
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005