Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

evobikes

Die Woord vir Vandag

Rigters 11:1 NLV 
2019-09-10Geskryf deur Bob en Debby Gass
Jy kan jou verlede oorkom!
Sosioloë vertel ons dat menslike gedrag grootliks deur twee dinge bepaal word: ons ouers en ons omgewing. Jefta sou dus volgens hulle 'n verlore saak gewees het! Nie volgens God nie. Sy Woord sê: 'Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het... Ek gaan iets nuuts doen...' (Jesaja 43:18-19 NLV). Wanneer Jesus die Here van jou lewe word, kan nie gene of omgewing jou daarvan weerhou om alles wat Hy vir jou in gedagte het, te word nie. Voor sy lewe verby was, het Jefta Israel se jongste heerser geword en is hy saam met die geloofshelde in Hebreërs hoofstuk 11 genoem. Miskien is jy in minder ideale omstandighede gebore en wonder jy of jy dit ooit kan oorkom. Die antwoord is ja! Die volgende keer wat iemand dus jou verlede gebruik om jou te probeer afbreek, herinner hulle aan Jefta. Ons God is wonderlik. Hy kan die benadeelde hoër as diegene wat elke moontlike voordeel gehad het, ophef. Sy krag word in ons swakheid geopenbaar en vrygestel (sien 2 Korintiërs 12:9). Hy spesialiseer daarin om mense te gebruik wat verwerp is. Hy het vir Josef, 'n man wat deur sy broers in 'n put gegooi en deur sy pa as dood afgeskryf is, gebruik. Hy het Dawid, 'n veeoppasser wat van sy familie vervreem en deur hulle geïgnoreer is, gebruik. Hy het Jesus, 'Die klip wat die bouers afgekeer het...' (Psalm 118:22 NLV), gebruik om die '...hoekklip van die gebou...' (Lukas 20:17 NLV) te word. Hy kan dieselfde vir jou doen. Wees dus bemoedig; God het 'n plan vir jou lewe en soos jy tyd saam met Hom spandeer, sal Hy vir jou wys wat dit is.
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005