Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

1 Samuel 18:1 ABA 
2020-07-31Geskryf deur Bob en Debby Gass
Die waarde van 'n vertroueling
Dit maak seer wanneer jy ontdek dat nie almal jou beste belange op die hart dra nie. Dus moet jy leer om te onderskei en te weet op watter vlak jy met mense moet omgaan. Gewoonlik is daar net 'n paar mense wat in jou binnesirkel moet wees. Dit is hoekom jy wys moet wees oor wie jy in daardie sirkel toelaat. Ons sien dit in die lewens van Dawid en Jonatan geïllustreer. Dawid het nie 'n goeie verhoudig met koning Saul, die pa van sy beste vriend Jonatan, gehad nie. Jonatan het Dawid se geheime gehou en hom met sy lewe beskerm, selfs toe dit sy familie verontrief het. Jonatan wou homself nie verhoog, sy eie selfbeeld aanblaas of sy eie vooruitgang met sy verhouding met Dawid orkestreer nie. Nee, hulle het eenvoudig 'n sielsverbintenis gehad. Die krag van 'n vertroueling lê in sy stilte. As iemand 'n skinderbek is, diskwalifiseer hulle hulself outomaties. Ons moet gerus in die sekuriteit van hierdie verhoudings kan wees, sodat ons onsself kan uitdruk, inligting bymekaar kan maak en wyse raad kan kry. Andersins sal ons die nagevolge van die verkeerde mense wat te veel van ons weet, smaak. Vertrouelinge hou nie net ons geheime nie, hulle weier ook om daardie bevoorregte informasie vir hulle eie gewin uit te buit. Hulle gee regtig vir ons om en gooi nie ons foute van die verlede in ons gesigte terug nie. Hulle weier om die woorde: 'Ek het jou mos gesê,' te uiter. Sulke mense is vir die langtermyn in jou lewe, dus moet jy hulle erken en hulle koester.
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005