Die Woord vir Vandag

2025-04-29

Skud dit af en beweeg vorentoe

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Markus 6:11 NLV

Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is om te verander, of nog nie die vreugde en vervulling in Christus ervaar het wat jy ervaar het nie, sal jy dikwels verwerping ervaar. Wanneer jy Jesus volg, is verwerping inderwaarheid gewaarborg.

Wat staan jou te doen? Hier is wat Jesus vir sy dissipels gesê het om te doen: "...'Wanneer julle in 'n bepaalde dorp in 'n huis ontvang word, bly in daardie huis totdat julle weer daarvandaan vertrek. Maar as 'n plek julle nie wil ontvang of na julle wil luister nie, skud sy stof van julle voete af wanneer julle weggaan. Dit sal dien as teken dat julle daardie plek aan sy lot oorlaat.' Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak" (verse 10-13 NLV).

Wanneer jy dus mense raakloop wat jou nie wil ontvang of na jou luister nie, wees lief vir hulle, bid vir hulle, skud dit af en beweeg vorentoe. Moenie toelaat dat diegene wat nie gereed is om dit wat jy het om te deel te ontvang nie, jou daarvan weerhou om dit na diegene te neem wat wel gereed is nie. Een van Paulus se eerste bekeerlinge in Masedonië was Lidia. Let op wat die Bybel sê: '...Die Here het haar hart oopgemaak sodat sy ontvanklik was vir Paulus se boodskap. Sy en die ander lede van haar huishouding is toe gedoop...' (Handelinge 16:14-15 NLV).

Probeer om die volgende te onthou: Jy is die boodskapper en God is die een wat harte oopmaak. Doen jou deel en Hy sal syne doen.

Sielskos: Num 16-18; Mark 3:7-19; Ps 37:8-15; Spr 11:3

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background