Die Woord vir Vandag

2025-04-28

Jesus is die antwoord

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 10:20 NLV

Die Bybel sê: '...Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.' Jy vra: 'Wat beteken hierdie Skrifgedeelte?' Dit beteken dat selfs al soek jy antwoorde op die verkeerde plekke, al vra jy die verkeerde vrae en al beweeg jy in die verkeerde rigting, sal Jesus jou onderskep, jou herlei en in jou diepste behoeftes voorsien.

Toe die vrou by die put vir Jesus ontmoet het, het sy na die antwoord in verhoudings gesoek. Sy is deur vyf huwelike wat misluk het en het saam met man nommer ses gewoon (sien Johannes 4:18). Toe Saggeus vir Jesus ontmoet het, het hy die antwoord in materiële dinge gesoek. Toe Paulus vir Jesus ontmoet het, het hy die antwoord in godsdiens gesoek. Hier is sy résumé: 'Ek is op die agtste dag besny. Ek is 'n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. 'n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat die gehoorsaamheid aan wette betref om my saak met God reg te maak, kon niemand 'n vinger op my lê nie!' (Filippense 3:5-6 NLV).

Veelvoudige verhoudings het nie die vrou by die put bevredig nie, rykdom het Saggeus nie bevredig nie en godsdiens het Paulus nie bevredig nie. Hierdie dinge sal jou ook nie bevredig nie. Wat sal? 'n Verhouding met Jesus! Vandag sê Hy vir jou: 'Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê' (Johannes 10:10 NLV). Vandag is Jesus die antwoord.

Sielskos: Num 14-15; Mark 3:1-6; Ps 37:1-7; Spr 11:1-2

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background