Die Woord vir Vandag

2025-04-27

Weier om die etiket te dra

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Kronieke 4:9 NLV

Die naam Jabes beteken 'ongemak of pyn.' Miskien is dit hoekom geen ander ouer in die Skrif hul kind so genoem het nie. Dis egter 'n etiket wat Jabes geweier het om te dra en 'n naam wat hy geweier het om hom te definieer. 'n Etiket vertel jou gewoonlik wat in 'n bottel is; die inhoud en selfs die waarde daarvan. Wanneer jy die etikette wat mense op jou probeer plaas aanvaar, begin jy glo dat dit is wie jy is en dat jy nooit meer as dit sal word nie. Die Bybel sê: 'Want soos hy in sy siel bereken, so is hy...' (Spreuke 23:7 AFR53). Mense sal ervarings uit die verlede gebruik om jou te etiketteer en jou te beperk. Hulle sal ook jou fisiese, geestelike en emosionele karaktereienskappe gebruik om jou te etiketteer en jou te beperk.

Wat staan jou dus te doen? Doen wat Jabes gedoen het - gaan na God toe! Op die ou einde is dit God se opinie oor jou verlede, hede en toekoms wat die meeste saak maak. Hy is lief vir jou en het 'n plan vir jou lewe. Jabes het 'n gebed gebid wat sy lewe verander het en dit sal ook jou lewe verander. '...'Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!' En God het sy versoek gehoor en dit gedoen' (1 Kronieke 4:10 NLV).

Jabes het God vir vier dinge gevra: seën, invloed, krag en beskerming. God het dit vir hom gegee. Vandag het jy dus 'n keuse: glo wat ander mense oor jou sê, of glo wat God oor jou sê. As jy so daarna kyk, is die keuse duidelik.

Sielskos: Eks 20:8-11; Eks 16:1-31; Mark 3:1-6; Luk 13:10-17

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background