Die Woord vir Vandag

2025-03-24

Verander jou gedagtes en verander jou lewe

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jesaja 26:3 NLV

Luister na dagstukkie

Jou gedagtes bepaal jou gevoelens en jou gevoelens bepaal jou benadering tot die lewe. Deur dus die manier wat jy dink te verander, kan jy verander hoe jy voel en hoe jy die lewe benader. Anders as die wêreld, wat jou leer dat jy jou gedagtes leeg moet maak om vrede te ervaar, vul God jou gedagtes met vars, kragtige, verlossende gedagtes. 'U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.'

Dit gaan nie net daaroor om jou wilskrag te gebruik om slegte gedagtes te probeer uitwis nie. As 'n verkeerde, slegte of negatiewe gedagte in jou kop vassit en jy dit nie kan laat gaan nie, hou op probeer! Jy sal dit nie uit jou gedagtes uitwis nie. Dis soos om 'n onkruid teen die grond af te sny in plaas daarvan om die wortels uit te trek; dit sal net weer begin groei. Wat jy moet doen is om die vernietigende gedagte met 'n gedagte wat van God af kom, te vervang. Dis die enigste manier om verkeerde gedagtes te hanteer en die genesingsproses te begin. Die apostel Paulus skryf: '...beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is... Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees' (Filippense 4:8-9 NLV).

Is jy oor jou gesondheid bekommerd? Vul jou gedagtes dan met die volgende Skrifgedeelte: '...Hy het ons kwale sy eie gemaak, en ons siektes het Hy op Homself geneem' (Matteus 8:17 NLV). Is jy oor die toekoms bekommerd? Vul jou gedagtes met hierdie belofte: 'Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie' (Deuteronomium 31:8 NLV).

Sielskos: Job 40-42; Luk 19:37-44; Ps 69:1-18; Spr 8:27-29

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background