Die Woord vir Vandag
2025-04-18
Dubbele strafvervolging
Geskryf deur Bob and Debby Gass
In die regstelsel is daar iets wat as 'die wet van dubbele strafvervolging,' bekend staan. Dit beteken dat jy nie twee keer vir dieselfde misdaad verhoor kan word nie. Kom ons pas hierdie beginsel op jou redding toe. Jesus is reeds verhoor en het vir jou sondes gesterf - almal van hulle! Moet dus nie toelaat dat Satan, die aanklaer, jou oorreed dat God jou gaan straf en jou hel toe gaan stuur nie. Christus se laaste woorde aan die kruis: '...Dit is nou afgehandel!..' (Johannes 19:30 NLV), word in die Griekse teks vertaal as 'ten volle betaal.' Al jou sondes - in die verlede, die hede en die toekoms - is op Golgota versoen.
Dink aan die woord 'afgehandel.' Stel jou voor dat 'n meester skrynwerker die laaste afwerking aan 'n pragtige tafel doen. Sal jy 'n stuk skuurpapier neem en sê: 'Ek dink ek kan hierdie 'n bietjie beter laat lyk en dit 'n bietjie meer waarde gee?' Die skrynwerker sal sê: 'Hou op; as jy daaraan raak, gaan jy dit verwoes!' Hy sal reg wees. Dieselfde geld vir jou verlossing. Jy kan niks daarby voeg nie, maar deur dit deur jou prestasie en goeie werke te probeer verdien, kan jy beslis iets daarvan wegneem.
Die woord 'geregverdig' beteken regverdig in die oë van God gemaak. Die oomblik wat jy jou vertroue in Christus as jou Verlosser plaas, is dit hoe God jou sien. 'As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons op grond van die geloof toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind...' (verse 1-2 NLV).
Hoe kan jy geklee in genade voor God staan? Alleenlik deur geloof in Christus.
Sielskos: Gen 22:1-18; Luk 23:26-49; Ps 22; Jes 53
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za