Die Woord vir Vandag

2025-03-28

Stop en reflekteer

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 44:9 NLV

Luister na dagstukkie

Wanneer hy groot waarhede en insigte met ons deel, gebruik die psalmdigter dikwels die woord 'Sela.' Dit beteken 'stop en reflekteer.' Vir baie jare het mense gesê dat ondervinding die beste leermeester is. Die waarheid is egter dat geëvalueerde ondervinding die beste leermeester is! Om te stop en te reflekteer is een van die belangrikste aktiwiteite wat jy kan doen om te groei. Dit verskaf meer waarde as motivering of aanmoediging, omdat dit jou laat seker maak dat jy op die regte pad is. As jy immers op die verkeerde pad is, het jy nie aanmoediging nodig om vinniger te beweeg nie. Jy moet stop, reflekteer en jou koers verander.

In 'n beskrywing van die eindtye, sê die Bybel: '...Baie sal hiernatoe en daarnatoe gaan om meer te wete te kom' (Daniël 12:4 NLV). Kennis, wat informasie, feite en data is sal toeneem, maar dit beteken nie noodwendig dat begrip sal toeneem nie. Jy kan baie kennis deur 'n skerp intellek en 'n goeie geheue verkry. Om egter begrip daarvan te hê, moet jy die tyd neem om dit wat jy sien en hoor te verstaan. Galileo het gesê: 'Alle waarhede is maklik om te verstaan sodra hulle ontdek is. Die punt is om hulle te ontdek. Dit verg ondersoek.'

Deur te stop en te reflekteer, kan jy deur jou ervarings werk, hulle in perspektief plaas en wysheid daaruit verkry, sodat jy 'n beter toekoms kan hê. Dit word dikwels 'aha' oomblikke genoem, wanneer jy skielik begrip of insig kry. Dis dan wanneer die spreekwoordelike gloeilamp aangeskakel word. Min dinge is beter as sulke oomblikke. Sulke oomblikke is egter net vir diegene wat die tyd en inspanning neem om te stop en te reflekteer, beskore.

Sielskos: Lev 1-4; Luk 20:20-26; Ps 31; Spr 8:34-36

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background