Die Woord vir Vandag

2025-03-27

Hoe om te vergewe

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Efesiërs 4:32 NLV

Luister na dagstukkie

In 1982 het John Hinckley Jnr die lewe van president Ronald Reagan probeer neem deur hom met 'n geweer te skiet. Reagan se dogter, Patti, het later vertel wat sy by haar pa geleer het terwyl hy in die hospitaal was: 'My pa het gesê hy weet dat sy fisiese genesing direk afhanklik is van sy vermoë om John Hinckley te vergewe. Dit het my gewys dat vergifnis die sleutel tot alles is. Hy het my 'n voorbeeld van hoe om soos Christus te dink, gegee.'

Soms is die wonde wat ander ons toedien onbedoeld en ander kere is dit doelbewus. In beide gevalle gee die Skrif ons egter 'n duidelike standaard oor hoe ons moet reageer. Jy moet diegene wat jou seermaak vergewe, 'soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.' Dis 'n hoë standaard, maar dis een wat genesing vir ons diepste wonde bring.

Soms deel ons vergifnis soos 'n outomaat uit - meganies en sonder enige gevoelens. Die Bybel sê egter dat twee dinge met ons vergifnis moet gepaardgaan: vriendelikheid, wat deur ons aksies uitgedruk word en omgee, wat deur ons houding uitgedruk word. Hoekom? Omdat dit die manier is hoe God ons vergewe. Deur die Skrif vind ons dat emosies soos vriendelikheid, sagmoedigheid, medelye en deernis - in woorde of deur aksie - aan God toegeskryf word. Ons vind ook voorbeelde daarvan in die lewe van die mense wat God gebruik om sy planne en doelwitte te vervul. Josef was een van hulle, toe hy sy broers wat hom verraai het vergewe het. God roep ons om dieselfde te doen. Hierdie tipe vergifnis is net soveel 'n daad van die hart as wat dit 'n daad van die wil is.

Sielskos: 2 Tess 1-3; Luk 20:9-19; Ps 18:30-50; Spr 8:32-33

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background