Die Woord vir Vandag

2025-03-26

Word deur wysheid gelei

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 19:2 NLV

Luister na dagstukkie

As jy impulsief is, neig jy om 'n tekort aan dissipline te hê. Jy kan onnadenkend of onsensitief teenoor ander wees. Jy mag dit dalk moeilik vind wanneer jy nie onmiddellike bevrediging kry nie. Jy het 'n lae verdraagsaamheid teenoor frustrasie. Jy raak maklik verveeld. Jy kan vinnig op jou perdjie spring. Indien dit jou beskryf, is hier ses beginsels wat jy in jou lewe moet probeer inkorporeer:

1) Vra raad by wyse vriende voor jy met 'n idee voortgaan. "'n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis" (Spreuke 18:15 NLV).

2) Bou vriendskappe met mense wat nie net wys is nie, maar ook sterk genoeg is om jou verantwoordbaar te hou. 'Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word...' (Jakobus 5:16 NLV).

3) Neem tyd om oor 'n potensiële oop deur te bid, moenie aanneem dat jou intuïsie 'n goddelike opdrag is nie. '...Hy wys vir sondaars die regte pad. Hy lei die nederiges op die regte weg, en vir dié wat beskeie is, leer Hy sy pad' (Psalm 25:8-9 NLV).

4) Bestudeer en lees op oor 'n area voordat jy tot aksie oorgaan. "'n Dwaas glo alles wat hy hoor. 'n Verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee" (Spreuke 14:15 NLV).

5) Wanneer jy aan die einde van 'n seisoen van aktiwiteit kom, neem tyd om daaroor te reflekteer, sodat jy 'n wyser persoon kan word voor jy na die volgende ding aanbeweeg. 'Getroue werk lewer wins op. Afskeepwerk lei tot gebrek' (Spreuke 21:5 NLV).

6) Wy jouself aan iets toe en hou daarby, selfs wanneer die volgende impuls, wat soveel lekkerder lyk, verbykom.

Sielskos: Est 5-10; Luk 20:1-8; Ps 18:1-29; Spr 26:24-27

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background