Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

2 Kronieke 20:3 NLV 
2020-02-19Geskryf deur Bob en Debby Gass
Hoe om die lewe se gevegte te wen (3)
Derdens, neem jou probleme na die Here toe. Gebed is dikwels die laaste uitweg waaraan ons dink. Hoekom is dit so? Omdat ons ons probleme self wil oplos. 'n Diaken het een dag vir die pastoor gesê: 'Pastoor, ons het 'n probleem wat ons nie kan oplos nie. Ons het alles probeer en niks werk nie.' Die pastoor het gesê: 'Wel, al wat ons dan kan doen is om daaroor te bid.' Die diaken het geantwoord: 'Pastoor, is dit wraggies ons laaste opsie?' Wanneer jy voor die lewe se gevegte te staan kom, moet gebed jou eerste uitweg wees, nie jou laaste nie! Soms wanneer die probleem nie net deur gebed opgelos kan word nie, lei God jou na 'n tweede element toe: om te vas. Het jy dit al probeer? Om te vas is nie iets mistiek of geheimsinning nie; dit gaan oor fokus! Dis om te sê: 'Here, ek kan sonder kos en ander dinge gaan, maar ek kan nie hierdie probleem sonder U oplos nie. Dus, in plaas daarvan om te eet, gaan ek U aangesig soek totdat ek 'n antwoord het.' Kornelius, 'n nie-Jood, het vir vier dae gevas en gebid en God vir leiding gevra. God het toe vir Petrus na sy huis toe gestuur om die evangelie met die nie-Jode te deel en in die proses die verloop van die geskiedenis verander (sien Handelinge 10). Die Nuwe Testamentiese kerk het gevas, gebid en God vir leiding gevra om te weet wie om in leierskapsposisies aan te stel. So is een van die mees dinamiese evangelistiese spanne van alle tye, Paulus en Barnabas, gebore (sien Handelinge 13:2-3). Wanneer jy ernstig genoeg raak om oor jou probleem te vas en te bid, sal God vir jou die oplossing wys.
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005