Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Matteus 7:7 NLV 
2020-08-03Geskryf deur Bob en Debby Gass
Hou aan bid en glo (2)
Let drie dinge op: 1) Jesus het nooit gesê dat dit maklik sal wees om Hom te volg nie. '...In hierdie wêreld sal julle swaarkry beleef...' (Johannes 16:33 NLV). Wanneer jy dus groot goed vir God probeer doen, moet jy struikelblokke en vertragings verwag. Wanneer konstruksiewerkers aan 'n pad werk, sit hulle dikwels 'n kennisgewing op wat lui: 'VERWAG VERTRAGINGS.' Die geloofspad is besaai met sulke kennisgewings. Abraham en Sara het vyf-en-twintig jaar gewag vir Isak se geboorte, hoekom dink jy dat jy onmiddellik antwoorde moet kry? 2) Jy moet volhard om sodoende te kan ontvang. Om te wag is 'n ongemaklike konsep vir ons. Ons is gewoond daaraan om dinge dadelik op aanvraag te kry. As iemand vir ons sê om te wag, kry ons 'n toepassing op ons selfoon om die proses te bespoedig. Daar is egter nie 'n kortpad wanneer dit by volharding kom nie. Soms is geloof pynlik, omdat God jou kapasiteit om te ontvang, vergroot. Druk dus deur die pyn - daar wag wins aan die ander kant! 'Hou aan met vra, en God sal vir julle gee...' 3) Die eindresultaat van geloof is groter grondgebied. Twee keer nadat Isak 'n put gegrawe het, het die Filistyne die water vir hulself opgeëis. Toe hy egter die derde put gegrawe het, het die konflik opgehou en het hy die nuwe put 'Rehobot' genoem, wat 'ruimte' beteken (sien Genesis 26:18-22). Isak het aanhou grawe en toe die deurbraak gekom het, het hy verklaar: '...uiteindelik het die Here vir ons ruimte gemaak. Hier sal ons nou voorspoedig wees' (vers 22 NLV). Die les wat Isak geleer het is steeds deel van ons geloofskurrikulum. Ons moet ons geloof aanhou strek wanneer dit op breekpunt is; en ons moet aanhou bid.
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005