Die Woord vir Vandag
2020-08-02
Hou aan bid en glo (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Gedurende sy leeftyd het die negentiende eeuse Britse evangelis, George Muller, meer as $7.5 miljoen 'ingebid' om die weeskinders in sy sorg te voed - meer as $113 miljoen in vandag se terme. Hy het nie daarin geglo om sy finansiële behoeftes uit te saai nie, tog het hy altyd genoeg gehad om sy kruideniersrekening te betaal - omdat God bonatuurlik gesorg het. Muller se geloof is egter ook op ander maniere gestrek. Hy het byvoorbeeld op 'n gereelde basis vir vyf mans gebid wat hy graag wou sien vir Christus gewen word. Die eerste man het na vyf jaar sy lewe aan Christus gegee, die tweede en derde na tien jaar en die vierde man na vyf-en-twintig jaar. Muller moes egter 'n ellelange twee-en-vyftig jaar lank vir die vyfde man se bekering bid! Die man het inderwaarheid eers 'n paar maande na Muller se begrafnis 'n verklaring van geloof afgelê. Sou jy vir twee-en-vyftig jaar lank vir iets bid sonder om 'n teken van 'n antwoord te sien? Jy sou, en jy moet! In Muller se eie woorde: 'God delights to increase the faith of His children. We ought, instead of wanting no trials before victory, no exercise for patience, to be willing to take them from God's hands as a means. Trials, obstacles, difficulties, and sometimes defeats, are the very food of faith.' As jy bid en vir God vra: 'Sal U?' is sy antwoord: 'Ek sal!' Psalm 91:15 sê vir ons: 'Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees. Ek sal hom red en in eer herstel' (NLV). In Jeremia 33:3 sê God: 'Vra My, en Ek sal jou 'n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel...' (NLV). Die woord vir jou is dus vandag - hou aan bid en glo.
Sielskos: 1 Sam 16; 1 Sam 17:32-51; Hand 13:21-22
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za