Die Woord vir Vandag
2025-04-30
Wanneer ander dit nie verstaan nie
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan nie, moenie moedeloos wees nie, moenie ontsteld wees nie en moenie ongeduldig word nie. Daar word in die Skrif na God se Woord as sade verwys (sien Lukas 8:11), dus maak dit jou 'n saaier. Om te saai en om te oes het egter elkeen sy eie seisoen.
Toe die vinger van God begin het om koning Belsasar se lot op die mure van sy paleis te skryf en geen van sy wyse manne dit kon uitlê nie, het hulle Daniël die profeet geroep. Op daardie stadium was hy basies persona non grata. Daniël was egter gereed toe sy tyd aanbreek.
Hier is twee Skrifgedeeltes wat jy in gedagte moet hou wanneer jy jou geloof met iemand deel: 1) 'Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig. Hulle kan dit nie verstaan nie, want hierdie dinge moet vanuit 'n geestelike perspektief verstaan word' (1 Korintiërs 2:14 NLV).
2) 'Inteendeel, eerbiedig net Christus as die heer van julle lewe. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. Maar doen dit taktvol en eerbiedig...' (1 Petrus 3:15-16 NLV).
God het jou geroep om die waarheid van sy Woord met ander mense te deel, maar slegs die Gees van God kan hulle help om dit te verstaan. Jy is nie geroep om iemand te oortuig, te bekeer of te verander nie, maar om die saad van God se Woord te saai en om die res aan God se Gees oor te laat. Wanneer jy jou deel doen, kan jy God vertrou om sy deel te doen.
Sielskos: Num 19-21; Mark 3:20-35; Ps 37:16-24; Spr 11:4
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za