Die Woord vir Vandag

2019-06-01

Lewe gebalanseerd

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Filippense 4:5 NLV

Om 'n gebalanseerde lewe te lei, moet jy volgens hierdie twee Skrifgedeeltes lewe: 1) 'Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om' (1 Petrus 5:7 NLV). 2) 'Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind' (vers 8 NLV). Wanneer jy hierdie twee dinge nie doen nie, maak jy die deur vir Satan oop om jou aan te val. Te veel van enige ding, selfs 'n goeie ding, is 'n probleem. Werk, byvoorbeeld, is goed. Te veel daarvan kan egter stres veroorsaak, wat tot siekte, wrokkigheid, depressie en die verbreking van verhoudings kan lei. Kos is goed. Te veel daarvan kan egter tot ernstige gesondheidsprobleme lei. Dis goed om georganiseerd te wees. As jy egter 'n perfeksionis word, kan jy jouself en almal rondom jou mal maak. Enige area in jou lewe wat uit balans is, sal die vreugde wat God wil hê jy moet ervaar, van jou steel. Om 'n gebalanseerde lewe te onderhou is een van die grootste uitdagings waarvoor jy te staan gaan kom. Moenie tot die uiterstes gaan nie. Pastoor, blink uit in jou bediening, maar moenie jou familie verwaarloos nie. Ouer, moenie net vir jou familie sorg nie, maar geniet ook die familie vir wie jy hard werk. Probeer om altyd op jou beste te lyk, maar moenie obsessief oor jou voorkoms raak nie, omdat dit nie 'n ware maatstaf van jou waarde is nie. Kyk na jou lewe en vra: 'In watter areas is ek uit balans?' Vra God dan om jou te help om weer balans te kry.

Sielskos: Op 15-18; Mark 11:1-11; Ps 124; Spr 12:26

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background