Die Woord vir Vandag

2025-04-17

Jy is nie buite God se bereik nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Johannes 4:4 NLV

Luister na dagstukkie

Die Bybel sê: 'Dus het [Jesus] Judea verlaat en weer na Galilea toe vertrek. Hy moes deur Samaria reis' (verse 3-4 NLV). Samaria is nie op die pad na Galilea toe nie. Dit is inderwaarheid myle uit die pad uit. Tog sê die Bybel dat Jesus deur Samaria moes reis. Dink daaroor: Dit was 'n lang reis en Hy was te voet. Dit was warm. As Jood sou Hy nie in Samaria verwelkom word nie, as gevolg van 'n vyandigheid wat al lank tussen Jode en Samaritane bestaan het. Wat die vrou wat Hy by die put gaan ontmoet het betref, is vroue in daardie kultuur verbied om met mans buite hul eie familie te praat. Die mense op die dorp het ook vreeslik oor hierdie vrou geskinder, omdat sy al deur vyf egskeidings was.

Hoekom het Jesus dan gevoel dat Hy soontoe moes gaan? Omdat Hy hierdie vrou as 'n ruwe diamant gesien het. Terwyl die mense rondom haar oor haar verlede en probleme gepraat het, het Jesus haar potensiaal vir sy koninkryk raakgesien. 'Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die woorde van die vrou...' (vers 39 NLV).

Om Galilea volgens God se skedule te bereik, moes Jesus die menslike skedule by die venster uitgooi. Sy skedule het Hom egter nie beheer nie. Wat het dan? Die wil van God en die behoeftes van mense wat seer het. Hy was gewillig om uit sy pad te gaan, tradisie op sy kop te keer en nuwe grond te breek om dit te doen. Wat van jou? Kan God jou planne onderbreek? As Hy kan, kan Hy jou gebruik. Bid die volgende: 'Here, wys my wat ek vandag moet doen om U te behaag.'

Sielskos: Jak 3-5; Luk 23:13-25; Ps 7:10-17; Deut 21:22-23

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background