Mag Christene aan betogings deel neem?

Written by on 5 December 2022

As Christene is ons ten doel om vreedsaam te wees en geen verwoesting te saai nie. Ons moet egter ook nie omstanders wees wat bloot staan en kyk hoe onreg in ons land floreer nie. Ons is seuns en dogters van ‘n deernisvolle en liefdevolle God wat vir al sy mense omgee.

Massabetogings kan ‘n verskil maak en help om sommige van die kwessies wat ons vandag in die gesig staar op te los, maar word ons toegelaat om daaraan deel te neem as Christene? Wel, dit hang af van die doel daarvan en hoe ons deelneem. Veroorsaak ons vernietiging terwyl ons betoog of veroorsaak ons verandering terwyl ons so min skade as moontlik aanrig?

Wanneer ons ons rol as verskilmakers in die wêreld aanneem, moet die manier waarop ons dinge doen anders wees en ons metodes moet ten minste met waardigheid en integriteit uitgevoer word.

Ons word geroep om die fondamente van baie geslagte te lê; om die breuk te herstel en die pad waarop ons loop op te vul en gereed te kry (Jesaja 58:14). Dus, die antwoord is ‘Ja’. Ons word toegelaat om aan massabetogings deel te neem, vir die regte redes en die regte saak. Ons moet dit doen op maniere wat ons gemeenskap in die algemeen bedien.

Sluit aan by Wynand en Pastoor Rocky Stevenson om uit te vind hoe ons, deur aktiewe deelnemers aan verandering te wees, Sout en Lig vir die wêreld kan wees. Jy sal ook die vars perspektiewe van Pastoor Rocky geniet terwyl hy deel hoe ons Nuwe-Testamentiese broers en susters opgestaan het teen onderdrukking, die goeie stryd gestry het en ‘n impak gemaak in hul tyd het. Hy bring dit ook in verband met ons hedendaagse deelname aan massabetogings.

Luister na die potgooi saam met Wynand en Pastoor Rocky Stevenson. Vir daaglikse bemoediging lees gerus Die Woord vir Vandag.

Die menings wat hierin uitgespreek word, is dié van die aanbieders en nie Radiokansel nie.


Lees verder

Current track

Title

Artist

Background