Author: Han@Pulpit

Page: 2

Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Godly Revolution Jeugfees is volstoom terug op 14 Junie by Lewende Woord Hoofkampus in Brummeria, Pretoria. Bring al jou vriende en familie saam en geniet bekroonde kunstenaars en bands soos One Crown, C-Jay, DJ Maeztro, Arnold de Wet, Jaid River, en meer. Hierdie onvergeetlike ervaring het jaarliks […]

In die Bybel is daar verskeie verse wat die belangrikheid van sagmoedigheid, nederigheid en ootmoedigheid beklemtoon. Hierdie deugde roep ons op om ‘n vriendelike, vredeliewende en respekvolle houding teenoor ander mense te handhaaf, terwyl ons self nederig en leerbaar bly. Hierdie beginsels is van onskatbare waarde en bring vrede, vreugde en die guns van God. […]

Ons lewe in tye waar daar druk van alle kante af kom, en dan voel dit soms of die bene wankel en die moed min raak. So hoe kan ons staande bly in moeilike tye? Psalm 35:2 gesels oor twee skilde; “Gryp die klein skild en die grote en staan op as my hulp,” waarom […]

Israel is ‘n land van groot betekenis vir Christene regoor die wêreld en vir die eerste keer in byna drie jaar bied Radiokansel weer ‘n toer soontoe aan. Dit is hier waar Jesus se lewe en dood afgespeel het. Jaarliks besoek duisende toeriste Israel en getuig dat dit werklik ‘n lewensveranderende ervaring is. Dit is […]

Vasti Burger, dogter van Dr Isak Burger (voormalige president van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika), is vanjaar se spreker by die Radiokansel Damesoggend op 23 September in Pretoria. Passievol, kleurvol, Jesus-vol. Dit is hoe Vasti Burger haarself beskryf. Sy leef om deursigtig te wees sodat mense Jesus in haar leefstyl kan sien.  As die jongste […]

2021 het soos ‘n sneltrein verbygespoed en voor ek my oë kon uitvee het 2022 aangebreek. ‘n Nuwe, vars jaar lê voor en ek vra myself: Waarvoor glo ek vir hierdie jaar? In wie glo ek? Hierdie is ‘n basiese en baie belangrike vraag, maar voor mens werklik kan vra: “Waarvoor glo ek?” is die […]

Soek ons nog God se stem en wil ons nog enigsins hê dat God met ons moet praat in vandag se tye? Het die moderne era en tegnologie hierdie behoefte oorbodig gemaak en weet God se kinders nog hoe om God se stem te hoor? Hierdie is sekerlik die moeilikste onderwerp waaroor ek al moes […]

Wanneer ek aan die Here dink, dink ek gewoonlik aan Hom as God van die MOONTLIKE, maar Hy is ook God van die ONmoontlike. Alles IS moontlik deur Hom (Matteus 19:26); selfs om dinge te verduur wat ons gedink het nie moontlik sou wees nie – die tipiese ‘middel-van-die-storm-dinge’ wat ons soveel keer wens ons […]

Dit is onbetwisbaar dat elkeen van ons voor God se troon gaan staan. Regverdiges kry hulle beloning en ongereddes word vir ewig veroordeel. Dis die een plek waar jy kry wat jou toekom, en sonder die bloed van Jesus is jy verlore. Maar as Christen staan jy daar om meer, of minder, beloon te word […]

Wat is die ware betekenis van Kersfees vir jou as kind van God en sou ons die gawe (geskenk) van Christus herken het toe Hy op aarde was?


Current track

Title

Artist

Background