Adverteer op jou voorkeur Christen radiostasie
Radiokansel het meer as vier dekades se ervaring in die uitsaaiwese, wat dit ‘n voorkeur Christen radiostasie maak om te adverteer en mee saam te werk. Ons is ‘n gevestigde handelsmerk en welkome stem in huishoudings en besighede regoor die land.
Lees: Waarom jy jou besigheid op die Radiokansel aanlyn besigheidsgids moet plaas.
Wanneer jy op Radiokansel adverteer, stel jy ons in staat om ons visie te verwesenlik. Ons saai die lewegewende boodskap van Christus na Suid-Afrika, en verder, uit.
Skakel in op Jou daaglikse reisgenoot, deur die radiofrekwensie 657AM. Jy kan ook ons gratis slimfoon-toepassing vir iPhones en Android gebruik. Luister ook op DStv Oudio-kanaal 882 en Open View-kanaal 607. Jy kan ook regstreeks via ons webwerf luister.
Kliek hier vir ons nuutste tariefkaart.
Kontak persoon
- Charles Van Onselen: Verkope en Besigheidsoplossings Bestuurder
- Tel: +27 12 334 1211
- E-pos: charles@radiokansel.co.za
Christen radio vir ‘n reënboog-nasie
Ons programme help om gesinswaardes te herstel, die leiers van môre toe te rus en ‘n morele nasie te bou. Ons spreek huidige en relevante kwessies vanuit ‘n Bybelse perspektief aan. Radiokansel is jou daaglikse reisgenoot vir nuus, musiek, leefstyl en besigheidsake. Ons inhoud is gebaseer op die Woord van God met kundiges op elke gebied om luisteraars op hul lewensreis te lei.
Saam met Radio Kaapse Kansel en die I Am Youth Movement; vorm ons deel van die Kansel Media Groep. Ons eerste onafhanklike uitsending is op 4 Augustus 1981 gedoen.
Radiokansel het ‘n LSM van 6-10 en saai in verskeie tale uit. Dit sluit in 35% Afrikaans en 35% Engels. Die oorblywende 30% bestaan uit verskeie Afrika-tale. Ons het ‘n baie lojale ondersteunings- en luisteraarbasis wat deur generasies oorgedra is. Ons daaglikse dagstukkies (Die Woord vir Vandag, The Word for Today en die jeugoordenkings – word4U2day) bereik honderdduisende mense oor verskeie ouderdomsgroepe heen. Hierdie publikasies word in gedrukte en elektroniese formaat versprei en bereik daagliks 250 000 lesers!
Ons het talle Luisteraarsbetrokkenheidsprojekte en geleenthede. By hierdie geleenthede ontvang ons borge en diegene wat by ons adverteer hoë sigbaarheid.
Waarom jy op Radiokansel moet adverteer
Wanneer jy op Radiokansel adverteer kry jy die voordeel van ‘n betroubare handelsmerk met ‘n gehoor op verskeie uitsaai- en sosiale media platforms.
Volgens onafhanklike navorsing wat in 2018 deur Freshly Ground Insights Africa (FGI) gedoen is, was die Radiokansel-luisteraarsbasis sowat 200 000. Vandag spog ons met meer as 400 000 weeklikse luisteraars!
Wanneer jy op Radiokansel adverteer, kry jou handelsmerk blootstelling op die lugweë sowel as talle ander platforms.
Getalle
Luisteraars: 400 000+
Facebook: 225 000+
Facebook reach: Ongeveer ‘n gemiddeld van 1,3 miljoen per maand
Woord vir Vandag leserstal: 250 000
Skakel in op die volgende platforms
- Radio frekwensie: 657AM
- Android en iPhone toepassings
- Luister regstreeks via ons webblad
- DStv oudiokanaal 882
- Open View kanaal 607
- Facebook Live
Radiokansel is Jou Daaglikse Reisgenoot en jy kan 24/7 inskakel, waar jy ook al is.