Vier God se goedheid saam met ons hierdie Visionthon

Written by on 23 November 2021

Soos ons aan die einde van 2021 staan, nooi ons jou uit om God se goedheid saam met ons te vier.

Die Here het ons met 40 jaar op die lug geseën! Sy voorsiening, deur jou, het dit moontlik gemaak. Saam met jou, moedig ons duisende mense aan om ‘n betekenisvolle verhouding met Jesus Christus te hê. Oor die afgelope twee jaar het ons aantal luisteraars verdubbel, en jy het gehelp om dit moontlik te maak.

Vandag is ons ‘n betroubare en relevante mediastem en ‘n voorkeur Christen radiostasie en -vennoot in Suid-Afrika, en verder. Met meer as vier dekades se uitsaai-ondervinding, is ons ‘n betroubare handelsmerk en ‘n bekende stem in huishoudings en besighede regoor die land.

Het God jou al deur Radiokansel en Radio Kaapse Kansel aangeraak? Sal jy ons help om voort te gaan met die goeie werk wat ons voorlopers 40 jaar gelede begin het?

Die behoefte om ons land met Sy Woord te inspireer, is nou nog groter as ooit tevore. SMS die woord ‘GIVE’ na 37871 gevolg deur die bedrag wat jy wil gee. Saam kan ons voortbou aan die goeie werk. Jy kan ook ‘n WhatsApp stuur na 082 657 2 729. Standaard tariewe geld.

Tydens die afgelope vier dekades van uitsaai het tye verander en het ons tred gehou met die nuutste tegnologie met ons webwerwe, slimfoon toepassings en potgooie. Met jou hulp kon ons selfs ons uitsaaitoerusting opgradeer.

Ons het jou nodig!

Sal jy saam met ons werk sodat ons kan aanhou om God se goedheid op ons verskeie platforms te verkondig?

  • Ons weet almal dat die koste van elektrisiteit die afgelope paar jaar gestyg het en ons het geweldige uitgawes wanneer dit kom by die gebruik van elektrisiteit vir ons senders en uitsaaitoerusting.
  • Beurtkrag is nou deel van ons lewens en die koste van kragopwekkeronderhoud en brandstof om die krag aan die gang te hou is hoog.
  • Internet- en telefoonkoste om met luisteraars en ondersteuners te kommunikeer.
  • Koste per dag om uit te saai – Radiokansel en Radio Kaapse Kansel: R145 000 per dag

Kostes om op verskeie platforms vir Radiokansel en Radio Kaapse Kansel uit te saai:

  • Senderkoste per maand: R314 000
  • DStv
  • Open view
  • Internet

Vier God se goedheid deur te gee

Ons veeltalige luisteraarsbasis van meer as 400 000 luisteraars strek oor generasies en sluit beide ‘n groeiende plaaslike en wêreldwye gehoor in. Ons het jou hulp nodig om voort te gaan om die Goeie Nuus deur ons verskeie platforms te versprei.

Help ons om op die lug te bly deur by te dra tot die R2.5 miljoen teiken wat ons benodig vir daaglikse bedryfskoste: SMS “GIVE” en die bedrag wat jy wil gee na 37871. Standaard tariewe geld.


Current track

Title

Artist

Background