Prayer Hour op Radiokansel 657AM is ‘n volle uur gewy aan gebed en voorbidding.
Predikante en kerkleiers van verskillende gemeentes regoor Suid-Afrika tree in vir behoeftes. Ons speel ook gospelmusiek om hierdie belangrike voorbiddingstyd te vergesel.
Die Bybel is vol verse wat praat oor gebed, voorbidding en om ons behoeftes aan God bekend te maak, maar die een wat die hart van Prayer Hour op Radiokansel 657AM vasvang is Esegiël 22:30.
Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ‘n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie.
Die program word dus daaraan gewy om in die bres te tree vir nasies, wêreldgebeure, huidige situasies in Suid-Afrika, sowel as vir die kinders van God. Hierdie span voorbidders, fokus ook darop om vir die mees dringendste behoeftes en krises in te tree en dit was ‘n waardevolle instrument wat God tydens die wêreldwye Coronavirus-pandemie kon gebruik.
Die kerk van God word geroep om vir ‘n tyd so die in die gaping te staan.
Vir daaglikse inspirasie lees ons dagstukkie, Die Woord vir Vandag; sielskos, vars uit die Woord elke oggend. Jy kan ook na ons potgooie luister op iono.fm.