Lewensvreugde op Radiokansel 657AM is ‘n motivering- en aanmoedigings program. Ons lewe tans wêreldwyd in tye van geweldige spanning en uitdagings as gevolg van die COVID-19 pandemie
‘n Boodskap van hoop vir ‘n tyd soos hierdie.
Lewensvreugde word deur Pieter van Wijk aangebied . In die program bespreek en debateer ons oor spesifieke kwessies wat met die alledaagse lewe verband hou. Hy bespreek ook temas van geloofsworsteling. Met behulp van die Bybel, en sy lewenservaring as ‘n bedienaar van die Evangelie, help hy om luisteraars op te bou.
Die doel is om luisteraars aan te moedig om op die Woord gefokus te bly. Ook om die bediening daarvan toe te laat om hulle te ondersteun en vreugde in hulle lewens te herstel.
Lewensvreugde gaan oor die vreugde van lewe en welstand, skakel in op Radiokansel 657AM en Radio Kaapse Kansel 729AM.