Tydens Dagbreek op Radiokansel 657AM saam met die aanbieder, Johann Els, raak ons mense se lewens deur God se Woord aan. Jy kan ook inskakel op ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel op 729AM.
Dagbreek verteenwoordig ‘n nuwe, vars begin, nuwe genade en inspirasie uit God se Woord. Dit gaan oor ‘n familie wat in die teenwoordigheid van die Skepper, met ‘n verwagtende hart, saamkom. Saam vra ons vir God se leiding vir die nuwe dag wat voorlĆŖ. Die onderwerpe wat ons dek, is so wyd as wat God se barmhartigheid ons alledaagse lewens aanraak, dit wissel van familie, werk, gesondheid, finansies en bo alles, ons ewige bestemming.
Ons is daardie reisgenoot in die soeke na betekenis.
‘n Hoogtepunte van Dagbreek is wanneer luisteraars hulle ervarings deur getuienisse en onderhoude deel. Ons geniet dit ook om met ons luisteraars via sosiale media platforms betrokke te raak.
Dit is ‘n eer om die Evangelie in al sy skoonheid en fasette aan alle Suid-Afrikaners te deel.
Daar is ‘n geweldige behoefte in die wĆŖreld om die waarheid te hoor, en dit is wat Dagbreek beoog om elke oggend te verkondig. Daar is so baie harte wat soekend is en wat ons wil aanraak!
Dagbreek word selfs meer spesiaal wanneer ons buite uitsendings doen en luisteraars van aangesig tot aangesig ontmoet. Die aanraking van harte, die drukkie, die koffie, die deel van die Een Groot Liefde; onse Here Jesus Christus wat al ons lewens verander het.
Begin jou oggend met ‘n vars woord van God deur in te skakel vir Dagbreek met Johann Els op jou gunsteling Christen Radiostasie. As jy ‘n program gemis het, of net weer wil luister of deel met iemand kan jy dit by ons Dagreek/Daybreak potgooi afdeling vind.