Bertha Le Roux-Wahl
Bertha Le Roux-Wahl shows
Bertha Le Roux-Wahl is nie net ‘n aktrise, aanbieder op Radiokansel en ‘n stemkunstenaar nie, maar ook ‘n sanger.
Persoonlike Lewe
Bertha is die ma van twee pragtige dogters en is met Karel Johannes Wahl getroud. Sy het ‘n koesterings ingesteldheid wat natuurlik aanklank by haar luisteraars vind.
Sy hou daarvan om te kook en het nie net die harte van miljoene kykers en luisteraars gewen nie, maar ook ‘n Potjiekos-kompetisie! Hierdie dinamiese vrou van dapperheid is ‘n motiveringspreker waarby baie vroue aanklank vind. Bertha deel openlik en eerlik haar getuienis en haar lewe se reis met gehore. Sy herinner dikwels vroue dat hulle enige storm saam met God kan hanteer.
Bertha Le Roux-Wahl: Ervaring in Media
Bertha het ‘n huishoudelike naam geword toe sy die rol van Emma in die gewilde Afrikaanse sepie, 7de Laan, op SABC2 vertolk het. Sy het in die jaar 2002 by die program aangesluit en het gou ‘n bekende, vriendelike gesig op TV skerms in baie Suid-Afrikaanse huise geword.
Sy het hierdie platform gebruik om die blydskap van die Here te versprei. Kykers het geïdentifiseer dat daar iets anders aan hierdie aktrise is en gou ontdek dat dit haar liefde vir God is.
Bertha het in 1998 ‘n Baccalaureus-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is sedertdien ook in baie verhoog- en teaterproduksies regoor Suid-Afrikaanse platforms gesien (Poppie Nongena, Crimes of the Heart en The Secret Garden). Haar stem het ook lewe aan baie radio karakters in dramas gegee. Luisteraars sou haar in radio dramas soos Blinkwater en Die Man Met die Rooi Jas gehoor het.
In 2016 het Bertha ‘n CD en DVD genaamd Godstories & God Liedjies vir kinders vrygestel. Tans bied sy ook dramawerkswinkels aan. Agter die skerms het Bertha ook gehelp om inhoud as assistent direkteur te skep.
Bertha Le Roux-Wahl glo as aanbieder by Radiokansel en Radio Kaapse Kansel is sy ‘n werktuig vir die Heilige Gees. Skakel in saam met haar vir Vreudge & Joy.