Godly Revolution 2024

Written by on 16 April 2024

Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Godly Revolution Jeugfees is volstoom terug op 14 Junie by Lewende Woord Hoofkampus in Brummeria, Pretoria. Bring al jou vriende en familie saam en geniet bekroonde kunstenaars en bands soos One Crown, C-Jay, DJ Maeztro, Arnold de Wet, Jaid River, en meer.

Hierdie onvergeetlike ervaring het jaarliks ‘n enorme impak op duisende jongmense se lewens. Godly Revolution is een van Suid-Afrika se grootste Christen-jeuggebeure. Nuuskierig om meer te leer, het ons die organiseerders gekontak vir ‘n eksklusiewe onderhoud oor wat hierdie gebeurtenis so spesiaal maak.

Waaroor gaan Godly Revolution?

Die geleentheid sal vanjaar 22 jaar oud wees, aangesien dit in 2002 by Gallagher Estate in Midrand begin het. Meer as 100 000 lewens is sedert 2002 deur hierdie gebeurtenis geraak. Die fees was dormant vir 12 jaar en is in 2022, ná die Covid 19-pandemie, weer van stapel gestuur.

Hierdie nuwe generasie tieners het ‘n hart vir aanbidding en skroom nie om hande te vat oor alle kulture en grense heen nie. Dit is ons voorreg om hierdie nuwe generasie te dien met ‘n nuwe Godly Revolution 2.0, wat hulle in staat stel om ook hul vriende na hierdie gesogte geleentheid te nooi.

Die Fees dien as ‘n katalisator om jongmense na Christus te bring en hulle te help om hul ware identiteit in Christus saam met hul nuutgevonde gemeenskap van gelowiges te ontdek. Dit rus hulle ook toe om ander in hul invloedsgebied te bereik.

Meer oor die kunstenaars

Gunstelinge soos C-Jay, DJ Maeztro en One Crown sal weer op die verhoog verskyn. Dan het ons ‘n paar baie goeie worship bands soos die Youthfest, Unite 180 en Fusion Bands. ‘n Immergroen kunstenaar, Arnold de Wet, wat tydens die eerste Godly Revolution-geleenthede as kunstenaar betrokke was, gaan nou die volgende generasie bedien. Maak ook seker jy loop nie die nuwe talentvolle kunstenaar, Jaid River, met haar Keltiese stem en alternatiewe musiekstyl mis nie.

Belangrike inligting

  • Wie kan GR by woon: Jonk en oud. Volwassenes sit op die gallery.
  • Datum: 14 Junie 2024
  • Plek: Lewende Woord Hoofkampus, Brummeria, Pretoria
  • Tyd: Vanaf 5nm – 9nm.
  • Daar is ‘n aflaaisone en genoeg parkering beskikbaar.
  • Kaartjies: Kaartjies beloop R200 per persoon.
  • Bespreek aanlyn: Quicket.co.za

Godly Revolution word aangebied deur Radiokansel, Die Goeie Nuus Fabriek Trust, en I Am Youth. Sien jou daar!


Current track

Title

Artist

Background