Toer saam met Radiokansel deur Israel

Written by on 16 January 2023

Israel is ‘n land van groot betekenis vir Christene regoor die wêreld en vir die eerste keer in byna drie jaar bied Radiokansel weer ‘n toer soontoe aan. Dit is hier waar Jesus se lewe en dood afgespeel het. Jaarliks besoek duisende toeriste Israel en getuig dat dit werklik ‘n lewensveranderende ervaring is.

Dit is een van die hoogtepunte op ons kalender, en ons is opgewonde om ‘n toer vanaf 28 April tot 10 Mei 2023 aan te bied.

Sluit by die Hoof Uitvoerende Beampte van Radiokansel, Ds Karel Verhoef en sy vrou Jonellda, aan op hierdie opwindende toer. Reis deur die ‘Heilige Land’ van Israel, en besoek ook dele van antieke Egipte. Kom stap saam deur die Bybel – vanaf die Piramide van Giza en die Sfinks, tot by die dorpie Nasaret en die See van Galilea. Besigtig ook Bethlehem, Jerusalem en die Tuingraf.

Israel toer hoogtepunte

  • Die Piramide van Giza is die oudste en grootste van die drie piramides in die kompleks en die oudste van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld, en die enigste een wat grootliks ongeskonde gebly het.
  • As deel van die toer sal ons ook ‘n vaart op die sprankelende lewendige waters van die Rooi See geniet. Die see spog met ongelooflike seelewe, en het die hele jaar deur redelike watertemperatuur.
  • Berg Sinai, ook bekend as Berg Horeb, is ‘n berg in die Sinai-skiereiland van Egipte wat ‘n moontlike ligging van die Bybelse berg Sinai is, waar Moses die Tien Gebooie ontvang het.
  • Timna Park Tabernakel in die wildernes, noord van Eilat in die Arabah, beskik oor ‘n lewensgrootte replika van die Bybelse tabernakel. Die model is op elke ander manier akkuraat op die Bybelse beskrywing gebaseer.
  • Die Dooie See waar ons tyd het om op sy soutwater te dryf. Hierdie see word gevoed deur die water van die Jordaanrivier en woestynvloede, wat tonne waardevolle chemikalieë bevat. Unieke genesende eienskappe word in die modder gevind.
  • Tuingraf-gronde wat ‘n pragtige uitsig oor Golgota het, ook bekend as Gordon’s Calvary. Nagmaal sal op die terrein van die Tuingraf bedien word.
  • Spandeer tyd in die tuin van Getsemane waar Jesus gebid het en Judas Hom verraai het. Die Church of All Nations is in hierdie tuin en hier groei steeds olyfbome.

Sien die volledige toerplan, asook om te bespreek en die tariewe te sien.

Sitplekke is beperk, kontak Braam Steyn by Stargate International by 011 918 7567 of stuur
‘n e-pos aan info@stargateinternational.co.za


Current track

Title

Artist

Background