Masetshaba Faith Mpete
Masetshaba Faith Mpete shows
Masetshaba Faith Mpete is ‘n entrepreneur, wat haarself as ‘n dogter van die Allerhoogste God voorstel met ‘n passie daarvoor om die evangelie te verkondig.
Sy het in die Mogwase gemeenskap in Rustenburg, Noordwes, grootgeword en vroeg al haar liefde vir media ontdek. Sy het haar BA-graad in Dramatiese Kunste, Joernalistiek en Mediastudies aan die Rhodes Universiteit voltooi en later ‘n Handelsmerkdiploma van die Vega School of Design verwerf.
As jong entrepreneur het haar loopbaan as joernalis in 2012 begin waar sy vir Soweto TV News gewerk het. Daarna beweeg sy aan as bulletin-direkteur en sub-redakteur van ‘n gemeenskapstelevisiestasie. Masetshaba het haar voelers na die nuus- en aktualiteit rigting gesteek en ‘n program genaamd News & Views aangebied, asook die 18:00 nuus op Soweto TV. Vir byna 5 jaar werk sy ook vir One Gospel en Dumisa TV totdat sy voltydse na besigheid en die radio-uitsaaiwese beweeg het. Hierdie dinamiese jong vrou is ook deel van die Global Forum of Women Entrepreneurs as die Direkteur van Jeug- en Mentorskapprojekte, ‘n wêreldwye netwerk van vroue in die mark.
Een van haar gunsteling Bybelverse is Psalm 16:5:
Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming.
Sy is die stigter en direkteur van Setshaba Communications, ‘n mediakonsultasiefirma wat spesialiseer in werkswinkelfasilitering, stemopname, skryf, skripsie en inhoudskepping. Masetshaba geniet dit om te lees, skryf, saamkuier, bak en om vir haar geliefdes te kook. Sy is gesinsgeoriënteerd en beskou haar familie, vriende en mentors as haar grootste seëninge van Elohim.
Masetshaba is passievol daaroor om jongmense deur middel van haar media-werkswinkels aan te moedig en te onderrig, en deur die evangelie te bedien. Haar droom is om haar Godgegewe gawes en talente, tot hul volle kapasiteit, in bediening en besigheid te gebruik om nasies positief te beïnvloed. Skakel elke Vrydag vanaf 16:00 saam met haar in vir Spectrum.